Kunsklasse in Hartenbos

Meer oor Vet Pret Kuns

Meer oor Vet Pret Kuns

Kunsklasse in Hartenbos

Kunsklasse in Hartenbos

Vet Pret Kuns het ontstaan uit ‘n passie vir kinders, kuns en liefde vir my dogter. Ek is Christelle Kleynhans, mamma/ kunsklas-tannie / bemarker/ joernalis en ‘n vrou met ‘n passie vir kinders. In 2011 het ek die eerste keer die verfkwas en voorskoot as “kunsklas-tannie” opgetel en begin met Pikkewyntjies Kunsskool in Hartenbos. My dogtertjie was op daardie stadium slegs ‘n paar maande oud. Saam met my groepie van ongeveer 6 kinders op die tyd het ons saam gespeel en was dit die grootste lekker om te sien hoe hulle ontwikkel. Toe my dogtertjie begin loop en agv omstandighede het ek die kunsskool eers op ys gesit.

Op 4 Mei 2018 het ek Vet Pret Kuns begin en vandag spog ons met twee klasse elke Vrydagmiddag in Hartenbos. Die groot van die klasse wissel van 6 kinders tot 10 kinders per klas.
Dis hier waar ek op my gelukkigste is. Met ‘n verfkwas of potlood in die hand rondom ‘n klomp vrolike kindergesiggies! Sommer vinnig-vinnig het die Vet Pret Kunskinders in my hart ingeklim.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *