Vet Pret Kunsklasse Hartenbos

Hartenbos Kunsklasse vir kinders vanaf 6 tot 13 jaar, elke Vrydagmiddag

Waarna kan u kind uitsien by Vet Pret Kuns:

Hier by die Vet Pret Kunsklas  in Hartenbos kan u kind uitsien na ‘n uur van pret elke Vrydagmiddag! Die kinders leer verskeie kunstegnieke en ons fokus elke maand op ‘n ander bekende kunstenaar. So leer die kinders meer oor die kunsmeesters van lank terug sowel as hedendaagse kunstenaar.  Die klasse bied die kinders ‘n geleentheid om hul eie kreatiwiteit uit te leef en te ontdek en nuwe maats te maak!

Die lesse word uitgewerk om die kinders blootstelling te gee aan die volgende: 
  • Die maak van handgemaakte items 
  • Verf & skilder
  • Basiese begrip van skets met klem op skaduwees, gebruik van sekere potlode, houtskool ens
  • Papierkuns onder andere kaartjies, boekmerke en ander verrassings
  • Basiese kunsbeginsels onderandere hoe die kleurwiel werk, kleurvermenging, verskeie tegnieke in verskillende mediums
  • Gebruik van herwinbare items om handige kunswerke te vorm en baie pret!

Skryf jou kind vandag nog in vir slegs R 250 per maand. Kontak my gerus vir enige navrae op 082 314 0450.